Ons maak wiskunde maklik, pret en jou kind vol selfvertroue!

l

Ezio Gr. 4-7 Wiskundeboeke

Ezio Akademie se eie reeks Laerskool wiskunde oefenboeke. Gewaarborg om jou kind te help. Bestel aanlyn of kom haal dit by ons sentrum in Garsfontein.

i

Werksboeke & Oefeninge

Die kinders werk uit ’n werkboek met oefeninge en toetse wat uit vorige vraestelle saamgestel is, sodat hulle die werk goed verstaan.

Ezio Extra Klasse

Ezio Akademie, naby Laerskool Garsfontein, bied ekstra wiskunde aan vir graad 4–12. Die werk is gebaseer op vorige toetse en eksamens en leerders kry ook oefeninge huis toe om verder te leer.

Meer oor ons

Ezio Akademie, geleë naby Laerskool Garsfontein, bied ekstra wiskunde klasse aan vir leerlinge van graad 4 tot graad 12. Die klasmateriaal vir die laerskool klasse is goed saamgestel en is ‘n goeie opsomming van jare se klastoetse en eksamens. Al ons opleiers is sorgvuldig gekies en is tans aktiewe onderwysers, wat hulle die ideale kandidate maak omdat hulle goed op hoogte is met die kurrikulum. Ons leerders is mal oor hulle en ons span doen altyd ons beste om elke kind se tyd by ons aangenaam en waardevol te maak.

Kontak ons vir meer informasie

As jy meer wil uitvind oor die klasse, beskikbaarheid, navrae, of die Ezio Wiskunde-reeks boeke, kan jy gerus met Madeleine Greeff, die eienaar van Ezio, of met ons verkooppersoon gesels. Kontak ons met vrymoedigheid — ons help graag!